Vrouedag 9 Augustus 2025

Tema: Naamlose vrou “As sy praat is dit met wysheid, as sy leiding gee, is dit met liefde.”

 

Spreuke 31:10-31 praat van die karakter van die vrou, hoe die vrou werk haar huis, en familie, hoe sy haar gedra en hoe sy praat as sy praat met haar familie. Dit praat van hoe die vrou haar gedra tussen mense, maar wat ons agterkom sy is naamloos. In die moderne lewe is jou naam baie belangrik, dit wys dat jy iets beteken as mense jou naam noem en ken. Die tweede deel van dit is hoe hard sy werk maar wie werk vir haar. In vadag se lewe kry n mens nogsteeds vrouens wat hul bes doen vir hul families en vir die vir wie sy omgee maar niemand is daar vir haar nie. Hul sien haar nie sys naamloos, identiteitloos en soms baie alleen. Sy gee haar bes maar haar bes word nooit raak gesien nie, veral die vrou op die plaas.