PETRUS NTSANE – 08.08.1953 – 14.09.2019

Isiqalo neem afskeid van Petrus Ntsane wat sy stryd teen kanker dapper en daagliks – moedig gestap het. Ons kon almal by Petrus leer – lojaliteit en liefde vir sy werk. Hy het die plaas se tuin mooigemaak en goed versorg.  Ons en al sy bome kon altyd op hom reken en vertrou vir water! Ons laaste dankie Petrus.