DANKIE FRUIT WORKERS DEVELOPMENT TRUST
Namens die Trustees van die Isiqalo Development Trust, spreek ons opregte waardering uit teenoor die Fruit Workers Development Trust vir die finansiële ondersteuning van ons projekte.
Die FWDT fondse vir omheining is aangewend vir die aankoop van omheiningsmateriaal en die arbeid vir die omheining is deur Normat Farms betaal. Daar is in totaal twintig (20) huise omhein. Isiqalo Development Trust streef daarna om ’n ingesteldheid van trots te kweek teenoor ’n skoon, netjiese, mooi omgewing. Estetika spreek menswaardigheid aan en daarop kan waardes en lewens-vaardighede gebou word wat uiteindelik bydrae tot ’n vervulde lewe. Die impak wat die omheining van huise vir die werkers maak is baie opbouend en positief. Dit skep eie belang, “om my eie plekkie te kan hê, waar ek myself kan uitleef”.