Trotse oomblik
Isiqalo Development Trust deel graag ‘n kykie in die avonture van ons “geel bucket hat-span” tydens hul heerlike uitstappie na die Aquarium by die Waterfront in Kaapstad.
Die dag was gevul met wonderlike ervarings:
🎭 Poppekasvertonings
⛰️ Pragtige uitsigte van Tafelberg
🌭 Hotdogs en cupcakes
🛶 Bote asook die ritme van ‘n Marimba-band wat die dag vasgeklop het.
“Underwater magic in every tank” het lewendig geword terwyl die kinders die wonders van die oseaan ontdek het.
‘n Groot dankie aan ons borge wat hierdie spesiale dag moontlik gemaak het!
Geniet die foto’s van hierdie onvergeetlike avontuur.