Landloop

Matjiesrivier Primer het onlangs deelgeneem aan ‘n landloopbyeenkoms in die Paarl en een van die leerders, Jacquin de Wee, het goed presteer by die Boland landloop kampioenskappe en ‘n sesde plek behaal. By die Wes-Kaap byeenkoms in George het hy ‘n 12de plek behaal. VLNR: J.P. Franse (skoolhoof), Jacquin de Wee en L.T. Reitz (beampte en klasopvoeder).